William Bligh

William Bligh in 1814.

William Bligh (9 September 1754 - 7 Desember 1817) is veral bekend as kaptein van die skip Bounty, waarop die berugte muitery in 1789 uitgebreek het waarvan vertel word in die rolprent Mutiny on the Bounty.

Bligh was 'n baie kundige seeman. Toe hy tydens die muitery met 'n oorlaaide sloep oorboord gelaat is, het hy daarin geslaag om in sowat 'n maand die afstand van 6 700 km na Timor af te lê.

Hy het in die Britse vloot in verskillende rolle gedien. Hy was onder lord Nelson betrokke by die Seeslag van Trafalgar in die tydperk van 1762 tot 1805 en van 1808 tot 1814. In 1806 het hy goewerneur van Nieu-Suid-Wallis in Australië geword. Hier het hy weer met 'n opstand te doen gekry, dié keer die sogenaamde Rumrebellie.

Bligh is in 1817 in Londen oorlede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy